Deur Christi van der Westhuizen
Dienslewering, of die gebrek daaraan, word as ‘n belangrike faktor in hierdie verkiesing beskou. Soos met die vorige verkiesing, probeer gemeenskappe die maghebbers se aandag op die probleem vestig met dreigemente van verkiesingsboikotte.
Tel hierby die opkoms van Cope wat gepaard gaan met ‘n hoe” vlak van onverdraagsaamheid. Die agterdog in sommige gemeenskappe is voelbaar, of dit nou in Nyanga, Kaapstad, of Prieska in die Noord-Kaap is.
Is daar ‘n kans dat ‘n kombinasie van hierdie faktore die lont vir verkiesingskonflik kan verskaf?
Praat mens met inwoners in Khayelitsha, duik dienslewering op nog voordat jy vra. Mense is ontgogel; die politici stel net belang in die welvaart van kiesers rondom stemtyd; daarna sal alles weer soos voorheen aangaan, se^ persoon na’ persoon.
Sommige maak bewerings van korrupsie. Die regering se nuwe maatskaplike verligtingstoelae, wat kos, koskoepons of kontant kan behels, “gaan net aan diegene met ANC-bande”. Ander behoeftiges kry dit nie, aldus Cope-lede e’n gewone inwoners in E’thembeni, Prieska, en in Harare en Monwabisi-park in Khayelitsha.
‘n Mens se agterdog word verskerp as jy instap by die ANC-wykskantoor in Prieska en die foonnommer van die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Welsynsagentskap (Sassa) pryk teen die muur van die dorp se ANC-verkiesingskoo”rdineerder, soos ek opgemerk het tydens ‘n onlangse besoek.
Volgens mnr. Rodney Pieters, die ANC se verkiesingskoo”rdineerder in die Pixley ka Seme-distrik waar Prieska gelee” is, het hy nog geen aantygings oor die koshulp ontvang nie. Hy bevraagteken hoekom niemand nog ooit ‘n saak daaroor by die polisie aanhangig gemaak het nie. Mnr Garth Strachan, Wes-Kaapse ANC-woordvoerder, beveel ook aan dat mense met bewyse klagte by die polisie moet aanhanging maak.
‘n Oproep na die Sassa-verspreider van voedselhulp in Prieska, mnr Thamsanqa Cube, eindig in dreigemente nadat ek nie aan hom die name van my informante wou verskaf nie: “As jy ‘n artikel oor my naam in die koerant adverteer (sic), sal ek met jou afreken... Jy kan nie net rond en bont ondersoek instel nie.” So’ ‘n defensiewe reaksie verwyder bepaald nie agterdog nie.
Dit bly nie net by die koshulp nie. Die nie-regeringsalliansie die Election Monitoring Network het te hore gekom dat mense vanjaar al twee keer in Parkwood, Kaapstad, tou gestaan het om vir tydelike werksgeleenthede in die openbare sektor aansoek te doen.
‘n Werknemer by Parkwood se munisipale behuisingskantoor bevestig dat mense in Maart by ‘n gebou langsaan vir werk kon aansoek doen. By die gebou, wat nou leeg staan, bevestig ‘n werker dat tydelike werksgeleenthede daar aan mense aangebied is. Die bewering is dat die OD-raadslid mnr George March twee werksaansoek-geleenthede geree”l het. In die aanloop tot die verkiesing lyk die tydsberekening asof dit daarop gemik is om kieserstemme te bei”nvloed.
Mnr Gerhard Ras, die mediawoordvoerder vir die OD se Kaapstadse metro-lede, wys uit dat raadslede nie statute^r by magte is om werk aan mense te verskaf nie. Die finale besluit le^ by die 23 subrade se munisipale bestuurders.
Wat wel gebeur, is dat subrade raadslede van vakatures inlig en se^ “stuur vir my mense”. Volgens Ras hou alle politieke partye van tyd tot tyd “ad hoc-aksies” waar aansoekers hul besonderhede aan raadslede vir moontlike werksgeleenthede verskaf.
Raadslede gee dan die aansoekers se name deur na die subrade, aldus Ras. Name word ongeag politieke affiliasie deurgegee. March het hom verseker dat hy aansoekers ingelig het dat hy (March) geen beheer het oor wie aangestel word nie.
Op ‘n vraag oor die tydsberekening, antwoord Ras dat hy dit “interessant vind dat die spesifieke vraag na die OD kom terwyl dit praktyk is by al die subrade... Met respek, wat is nou so danig oortree as daar verwysings gedoen is? March is nie betrokke by personeelaanstellings nie... (en) sou hy sou betrokke raak, sou dit inmenging in die administrasie impliseer en sou dit impliseer dat hy die gedragskode vir raadslede oortree,” sluit Ras af.
Dit is egter heeltemal denkbaar dat aansoekers onder die indruk verkeer dat die raadslid wat so’ ‘n “ad hoc-aksie” hou, invloed het oor die aanbod van werksgeleenthede. Dit kan dui op ‘n siniese poging tot manipulering van wanhopige mense – soos ook die beweerde misbruik van koshulp.
Wat is die kanse dat hierdie wanhoop gemobiliseer kan word, soos met die xenofobiese aanvalle verlede jaar? Inwoners van die plakkerskamp Taiwan in Khayelitsha het die pas afgelope naweek die N2-snelweg geblokkeer en gedreig om die verkiesing te boikot as nie aan hul behuisingseise gehoor gegee word nie. Die’ soort weerstand is nie ongewoon nie, maar blyk nie doeltreffend te wees nie.
Wat van mense wat politiek beter georganiseer is? Die 53-jarige Eleanor Hoedemaker is ‘n lid van die Social Movements Indaba (SMI). Sy woon in ‘n informele nedersetting aan die eindpunt van Acaciastraat in Parkwood. Dis “Zilleraine Heights” gedoop na DA-leier me Helen Zille en ene Lorraine, ‘n gemeenskapsleier.
In die begin was Hoedemaker, haar lewensmaat Neil Jacobs (53) en hul buurvrou Laylah Ryklief (36) bei”ndruk met Zille. Sy het hulle “kaalvoet” toegespreek terwyl sy op ‘n matras gestaan het. “Kamoeflering,” se^ Hoedemaker, “soday sy soos een van ons kan lyk.”
“Zille se amptenare” het die sowat 274 mense in Maart 2006 in Acaciastraat geplaas. Hulle het glo belowe dat Hoedemaker en haar bure in die daaropvolgende 18 maande binne ‘n 5 km-radius na behoorlike behuising geskuif sal word.
Maar in Oktober verlede jaar het hulle ‘n uitsettingsbevel ontvang. Hulle moet trek na die ironies-benaamde Happy Valley in Blackheath, Kuilsrivier – sowat 45 km weg. Hulle noem dit ‘n “dumping site”, se^ Jacobs bitter. “Ons sal doodgaan van die honger daar.” Dan merk hy op: “Dit is die teenoorgestelde van verstedeliking wat met ons gebeur.”
Intussen sukkel die klein gemeenskappie. Die gebrek aan elektrisiteit maak hulle weerloos teen aanvallers. Een-derde van die gesinne is enkel-ma’s; daar is net drie krane. “Hoekom bly ons nog steeds in plakkershutte in die donker na’ 15 jaar van demokrasie?” vra Hoedemaker. “Daar is geen geregtigheid vir die armes nie.”
Gaan hulle opruk? Nee, die SMI het verlede jaar by hul jaarlikse vergadering in Bloemfontein gedebatteer of hulle vanjaar moet betoog of hul stembriewe bederf. Daar is toe besluit dat hulle sal “stem” deur op 22 April al hul eise op hul stembriewe te skryf. Hulle hoop die OVK sal die stembriewe met die eise na die regering verwys.
Hulle het al hoeveel keer betoog. Die junior amptenare wat hul petisies ontvang, belowe altyd dat hulle binne sewe of agt dae ‘n reaksie sal kry. Dit gebeur nooit.
Hierdie artikel deur joernalis en politieke ontleder Christi van der Westhuizen word beskikbaar gestel deur die Election Monitoring Network in die belang van ‘n vrye en regverdige verkiesing. Die standpunte is die’ van die skrywer.
Die artikel was eerste gepublisheer in Die Burger.
Online Bookstore
: